,

Suid Afrika Quotes

Quotes tagged as "suid-afrika" Showing 1-21 of 21
Jaco Strydom
“Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om dit vir die wêreld te gee nie.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“As jy ’n volgeling van Jesus is en jy wonder hoe God se plan vir hierdie stukkende wêreld lyk, neem ’n selfie.”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“n Welgestelde kerktannie het sekerlik iets om te gee vir ’n oumatjie in die plakkerskamp wat na ’n klomp weeskinders omsien. Maar sy het veral baie om by haar te leer.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Een van die kerk se grootste uitdagings in die poging om ’n vredemaker te wees, is om ruimte te skep vir konflik. As ons regtig wil luister (en hoor), sal ons moet leer om nie net spanning te probeer oplos nie, maar ook om spanning te verdra.”
Jaco Strydom , Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“n Bietjie harder werk is nodiger as om bloot ’n paar versies oor ’n saak te Google en dan aan te haal. Die kerkgeskiedenis is vol stories van wreedhede wat met Bybelversies verdedig is. Elke ketter het sy letter.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met dié wat MIV-positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie . . .”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Eers het ek die arme diertjies wat skynbaar nie op hulle eie kon loop nie en gedra moes word, jammer gekry. Maar toe merk ek op dat die meeste van hulle eintlik besonder gelukkig lyk – veral die skilpadjies het gelyk of hulle glimlag.
Die titel van die boek was The mating game. Toe ek uiteindelik besef waaroor dit gaan, het ek die boek gaan wegsteek, uit vrees dat my pa sou probeer verduidelik – en dat ek sou moes maak of ek vir die eerste keer in my lewe van seks hoor.”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“Lelike dinge het al gebeur in die naam van goeie teologie.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Die teologie het deur die eeue ’n manier om vir die teoloog belangriker te word as mense. Dit is ironies, want Jesus het sy lewe gegee vir mense.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Jesus het nie gekom om ons in te perk nie, maar te bevry. Nie om ons te beskerm teen die wêreld nie, maar juis om ons in die wêreld in te stuur. Die wêreld is so min die vyand van die kerk as wat die see die vyand is van vissermanne.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“As Paulus ’n rassis was, was nie een van ons vandag ’n Christen nie.”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Van nature streef ons daarna om goed te lyk en goed te voel, eerder as om goed te wees en beter te word. Die meeste van ons energie gaan dan daarin om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“We need a change of attitude, because lets face it, no one’s going to change color”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“we have the most to learn from those who are different from us”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“People to often say justice, but mean revenge”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“Kom ons reël 'n braai en dan moan ons oor hoe swaar ons kry in die nuwe Suid-Afrika”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Toe sien ek, die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, doen meer as sewe goeie teoloë . . .”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“Kom ons reël 'n braai, dan moan ons bietjie oor hoe sleg dit gaan in die nuwe Suid-Afrika.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“when you fight evil with evil,
the outcome is certain:
evil will win”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense