Gaan na inhoud

Wikipedia:Kouspop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
'n Kouspop.

'n Kouspop is 'n ekstra (of veelvoudige) gebruikersrekening wat 'n Wikipediaan vir misleidende doeleindes gebruik. Voorbeelde hiervan is gebruikers wat meer as een rekening open om meer as een keer te stem, of om Wikipediabeleid te omseil.

Die benaming dra 'n negatiewe konnotasie en die gebruik daarvan word ten sterkste afgeraai. 'n Wikipediaan wat 'n kouspop gebruik word ook 'n kouspopspeler of marionetspeler genoem.